
=====================================================================
Vlytige voorstander van veeltaligheid (AV 7:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

Vlytige voorstander van veeltaligheid

DIT is met 'n ferme boerehanddruk, soos dit 'n Noord-Kapenaar en nasionale parlementslid betaam, dat hy dags. Adriaan van Niekerk, 
vyftigjarige voormalige boer van Prieska boesem vertroue in.

Adj.pres. Jacob Zuma luister na hom en oor partygrense heen dwing hy respek af; trouens, hy glo hy maak vordering met planne vir 
veeltaligheid op die wetboek.

Van Niekerk het onlangs 'n voorstel by die Parlement ingedien dat minstens vier tale in amptelike dokumentasie op nasionale vlak gebruik 
moet word. Dit is ter uitbouing van die grondwetlike beginsel van veeltaligheid, iets waarvan daar tans maar min teregkom.

Taalwetgewing is reeds in die Wes-Kaap aanvaar, naamlik dat Afrikaans, Xhosa en Engels di provinsie se ampstale is. Die Vrystaat en 
Gauteng werk aan sulke wette. Van Niekerk het die Noord-Kaap by die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat) verkla omdat hulle so onaktief 
aan di front is.

"Die Grondwet wou wegbreek van een- of tweetaligheid, maar nou stuur ons af op eentaligheid. Engels kan na homself omsien, maar Suid-
Afrikaners moet hulle beywer vir die inheemse tale, waaronder Afrikaans."

Hy beklemtoon deurgaans dat Afrikaans nie die enigste taal is wat hierdeur geraak word nie. By die onlangse nasionale taalindaba in Durban 
was Zoeloesprekers goed die hoenders in omdat di taal, een van die honderd grootstes in die wreld, nie tot sy reg kom nie.

"Die Grondwet s wel wat moet gebeur, maar nie presies hoe dit moet gebeur nie. Daarom moet 'n nasionale Taalwet uitgevaardig word om die 
besonderhede te bepaal. My voorstel dien ter versnelling van die proses. 'n Oorkoepelende beleid moet bestaan voordat wette ingestel kan 
word."

En die terugvoer is verstommend positief, vertel hy. Die Departement van Kuns, Kultuur, Wetenskap en Tegnologie het deeglik kennis geneem 
en die verwagting is dat baie van die voorstelle deel sal uitmaak van wetgewing wat waarskynlik vanjaar nog na die Kabinet verwys sal word.

Van Niekerk, 'n voormalige lektor in spraakkommunikasie, wat steeds werknemers van groot maatskappye oplei in kreatiewe openbare 
kommunikasie en selfontwikkeling, het besliste menings oor die huidige interne Afrikaanse taaldebat.

"As daar moeilikheid kom in die kompartement van 'n trein, is dit goed as daar 'n hond blaf sodat mense kan besef iets is fout. Dit is 
egter ook belangrik dat iemand by die bestuurder van die trein uitkom, sodat iets daadwerkliks aan die saak gedoen kan word."

En dt is miskien hoe di voorstander van veeltaligheid sy rol sien: om die boodskap te kry by diegene wat geraas maak, en dan te sorg dat 
dit oorgedra word aan diegene wat iets daaraan kan doen. Jan-Jan Joubert, joernalis by Rapport.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av733.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Julie 2000 /// Om vir moedertaal te stry of nie (AV 7:3) /// Terugblik 
op die grootste kunstefees (AV 7:3) /// Vlytige voorstander van veeltaligheid (AV 7:3) /// Forum vir openhartige debat (AV 7:3) /// Komrij 
blues (AV 7:3) /// Afrikaans as skakel na die buiteland (AV 7:3) /// Groot tjek vir stoepplesier (AV 7:3) /// Nuwe hoop vir ongeletterde 
plaaswerkers (AV 7:3) /// Behou diversiteit in globaliseringsproses (AV 7:3) /// Vennootskap van inheemse tale is prioriteit (AV 7:3) /// 
Carl Niehaus het in Nederland gebou (AV 7:3) /// Vele koppe maak puik planne (AV 7:3) /// ET blues (AV 7:3) /// Nuwe speler op die taalveld 
(AV 7:3) /// Talle faktore gryp in universiteitstaal in (AV 7:3) /// Tussen Scylla en Charybdis deurvaar (AV 7:3) /// Ver gemeenskappe se 
leiers leer sakevernuf (AV 7:3) /// Hansie blues (AV 7:3) /// Twee letterkundiges in gesprek (AV 7:3) /// 'n Bloeityd in die reklamebedryf 
(AV 7:3) /// Woordeboeke gee leerproses woema (AV 7:3) /// Nuwe toevoeging tot woordeboeklys (AV 7:3) /// Twee Koreane verstaan toe 
Afrikaans (AV 7:3) /// Studente wil in Afrikaans feesvier (AV 7:3) /// Afrikaans word in toneelwreld nuut gespel (AV 7:3) /// Jou 
Afrikaans is redelik goed! (AV 7:3) /// Privaatgesprek (AV 7:3) ///

